Dankie — jou eerste stap begin nou 🌻

Baie geluk met jou aankoop van The Digital Story Code Volume 1.

Hierdie is nie net nog ’n e-book nie. Hierdie is jou beginpunt om jou storie, jou boodskap en jou perfekte klient met meer Clarity te verstaan.

In die volgende 30 dae gaan jy leer hoe om op te hou raai wat om te sê, en begin bou aan content wat uit jou eie storie kom — content wat hoop gee, vertroue bou en die regte mense laat voel:

“Hierdie persoon verstaan my.”

Wat gebeur nou?

Jou e-book is gereed om afgelaai te word.

Klik op die knoppie hieronder om jou e-book te download en begin by die eerste bladsy.

Voor jy begin

Vat ’n oomblik. Haal asem.

Jy hoef nie alles vandag perfek te verstaan nie. Jy hoef nie reeds alles reg te hê nie. Jy hoef net bereid te wees om te leer, eerlik na jou eie storie te kyk, en vir die volgende 30 dae een stap op ’n slag te bou.

Hierdie planner is geskep om jou te help om:

jou rou storie duidelik te kry, jou perfekte klient te identifiseer, jou klient se vrese en hoop beter te verstaan, jou digitale boodskap sterker te maak, en content te skep wat nie salesy voel nie, maar eg, menslik en vertrouenswaardig.

Jou volgende stap

Begin by Module 1.

Moenie deur die boek jaag nie. Werk stadig deur die vrae en prompts. Jou storie gaan met elke bladsy duideliker word.

Onthou:

Jou storie is nie te klein nie.
Jou stem is nie te laat nie.
Jou boodskap kan iemand anders se hoop word.

Dankie dat jy hier is.
Nou begin ons bou.

Knoppie:
Download E-book

Indien jy enige vrae het of hulp nodig het, moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie. Ek is hier om seker te maak jy is tevrede en om vir jou ’n duidelike pad aan the bied.

0738514459

ramona@legacybuildshope.com